Twee nefies trou in een naweek!!

Baie geluk aan Werner en Caren, en Erastus en Marichan, wat afsonderlik 13 Junie en 15 Junie die knoop deurgehaak het!! Weereens, te danke aan ons geliefde Corona virus, moes ons families maar die troues op Zoom volg.  Party vanuit China, ek vanuit Bloemfontein, en die res uit Gauteng.  Maar ons kon deelkry van ‘n mooi geleentheid.  Baie welkom aan Caren & Marichan, in die familie,

Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar

Mel word 50 !!!

2020 ….. die jaar van verandering!!!

Ek word 50 jaar, in ‘n Lockdown wat vir ons almal ongerief gebring het, maar moes maar die beste daarvan maak!!  My vooruitsigte was ‘n 50 ste verjaardag in Engeland, maar agv die Corona virus is alles gekanselleer. Die ganse wêreld word tot stilstand gebring en moes maar die beste van ‘n slegte saak maak.

Verjaardag vind toe plaas by Striata saam tannie Lena en al die kosbare ou mensiesronel

Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar

Sussie Elna tree af

Sal ek die dag vergeet toe sussie Elna 50 geword het! Die opgewondenheid van om nog net 10 jaar te gaan dan staar sy aftrede in die oog! En glo dit of nie, ons is nou daar! Maart 2020 kondig sy aan dat sy aftree April 2020.  Eers nie gedink dit gaan gebeur toe die aansoeke ingestuur was nie, maar toe die nuus en die goedkeuring deurkom het vinnig gebeur.

Kort daarna het die hele wêreld tot stilstand gekom agv die Corona virus.  En Suid-Afrika, word in ‘n lockdown geplaas, en soos ek hier sit, is ons alreeds op die 85 ste dag van Lockdown.

Baie geluk ons sus met jou aftrede, mag dit vir jou vreugdevolle jare wees wat voorlê, en geniet jou welverdiende rus!

elna

Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar

Jaar 2018 Ronel Beukes

Die Jaar 2018

Sjoe, ek kan gerus vir myself sê “Welkom terug” Die lewe loop maar met ons almal verskeie draaie, en nie almal se draaie is dieselfde nie.  Maar die lesse wat ons leer en die ervaringe uit dit, kan ons met mekaar deel en moed skep.
Die pad wat die Here met my gestap het die afgelope 48 jr is ek regtig oor niks spyt nie, want nog voor die grondlegging van die aarde wat my naam en bestaan aan Hom nie onbekend nie.  My grootte en gedugte God, AbbaVader en Vriend het na aan my gekom.  En soos ek hier sit, weet Hy alles van my, en hoe bevoorreg om te weet, alles is veilig in Sy hande.
 Soos ek hier op hierdie dag van 18 April 2018 is, is ek ‘n verteenwoordiger van AVBOB Caledon.  Ja, alhoewel nie die maklikste werk op aarde nie, vind ek hier my doel en sin in die lewe.  Niks is meer ‘n gejaagd na wind nie, nee, hier is alles wat plastiek was weg, en realiteit staar jou soos ‘n dodelike slang in die gesig.  Om met die verganklike mens te werk, hetsy dood of lewend, bly die hoogtepunt van my dag.  Hier kom jy agter die weerloosheid van die mens.  Ryk of arm, beroemd of maar net die gewone ou op straat, as die dood aan jou deur klop, bly die grafadres dieselfde.  Niks spesiaals word uitgesonder nie, op die ou end is jou tentseile mooi netjies opgevou in die kis, en my werk is op jou weg te lê, en jou aardse tentwoning het soos mis voor die son verdwyn.  Wat daarna, met jou gebeur, dis wat saak maak.  Vir hulle wat ons voorgegaan het, weet wat dit is, maar vir ons wat nog in die lewe is, wonder hoe dit is?
Party wil glad nie daaraan dink nie, ander dink dit sal nooit met hulle gebeur nie, en ander is net so gereed as die horlosie vir hulle ophou tik.
Ek het noual ‘n paar begrafnisse gedoen, en met almal was dit ‘n saak van respek en eerbied.  Die hoendervleis wat uitslaan as ek in die Kleurling kerk staan by die kis, op aandag en die Dodemars word gespeel.  Die gevoel wat ek daar in my binneste ervaar kan ek nie beskryf nie, dis ewigheidsoomblikke in my hart.  Die inhoud van die kis het ek nie geken nie, behalwe dat ‘n lewelose koue liggaam my voorreg was om gereed te kry vir die groot oomblik van afskeid.  Hy of sy is van my afhanklik om hulle betyds te kry vir hulle laasste aardse afsrpaak.  Nietemin, waneer die dodemars gespeel word, ervaar ek ‘n teenwoordigheid wat trane oor my wange laat rol.  Ek ervaar dit nie met almal nie, die trane bedoel ek, ek verstaan my gees roer hierbinne, want die siel kon dalk betyds sy naam in die boek van die lewe kry.  Maar die res, sal my liggaam opgeroep word tot aandag uit respek vir die dood.  Die ander gevoel wat ek hierbinne kry as die Kerkklokke vir oulaas gelui word.  En ek het dikwels gewonder hoeveel kerkklokke gaan in die ewigheid teen iemand in herinnering opgehaal word.  En vir  hoeveel was dit ‘n teken aan die wêreld daarbuite dat nog ‘n siel sy aardse woning verlaat het vir sy hemelse inwoning.
Die horlosie tik…….. en eendag, net eendag is dit my beurt!!!!! Almal se beurt kom aan.
My werk is ‘n edele werk, ek het ‘n geleentheid, om met mense te praat, en hoe vreemd dit ookal mag wees of klink, hier in my agentskap vind ek ‘n ongekende stilte, die kiskamer, dikwels is die plek waar ek net wil gaan sit met my oë toe.  Die doodse stilte bring ‘n ongekende kalmte in my gemoed na ‘n besige dag, die geheim van my werk, ek moet rustig wees, hier moet mense vrede en rus ervaar. Maar nog meer hier moet hulle Jesus ervaar, want hier staan ons letterlik met een tree weg van die ewigheid.  Die verskil elke voet wat nog oor die drumpel stap om ‘n premie te betaal het nog ‘n geleentheid om reg te maak, hulle wat by my ingeboek is, se geleenthede is verby.  Jy wat hier lees, is nog bevoorreg om gereed te maak, vir die dag as die Kerkklokke vir jou lui, of as die Dodemars vir jou gespeel word.
Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar

Sussietyd 13 November 2017

Ag hoe lekker as familie saamkom!!! So lekker gekuier en oogevang!!! 84FCDD70-6B07-4148-9937-EE512193A87A.jpeg

Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar

Jongste kleinkind word 21!! Renier

Renier, sommer vroeg vanoggend het ek jou gebel.  Vandag, is jy ‘n groot man.  Die laasste van 6 kleinkinders het die grootmens wêreld bereik.  Jy is ‘n lieflike seun, en ons is so trots op jou.  Neem elke seënwense wat vandag na jou kant toe kom ter harte.  Ja, ek besef dit kan oorweldigend wees, maar elke stukkie raad is goudwerd.  Jou ma is hier vandag saam met jou in die mooi Kaap!!  So ‘n voorreg, geniet julle tydjies saam!!!  Vanaand sal ek ‘n fototjie kom post ter herinnering aan hierdie mooi dag.  Geluk weereens, maak die beste van jou lewe!!!

Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar

Rugbytime

Kyk daar is nou een ding wat elke naweek in die Paarl geniet word en dis ons rugbytime!!!!

Posted in Uncategorized | 1 Kommentaar

Lekker dinge!!!!

Lyk my nou op ons ouderdom raak ons nou erg aktief. Alles lyk so lekker. Vertrou julle geniet alles soos wat ek elke oomblik van my lewe geniet!!!!

Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar

Bootreis

Elna, Etta en Botes het hulle die jaar getreat om op n bootrit te gaan!

Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar

Pappa vier sy 77ste

Ons pa se jare het aangestap. In hierdie jaar van 2016 het hy sy 77ste gevier.

Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar