Jaar 2018 Ronel Beukes

Die Jaar 2018

Sjoe, ek kan gerus vir myself sê “Welkom terug” Die lewe loop maar met ons almal verskeie draaie, en nie almal se draaie is dieselfde nie.  Maar die lesse wat ons leer en die ervaringe uit dit, kan ons met mekaar deel en moed skep.
Die pad wat die Here met my gestap het die afgelope 48 jr is ek regtig oor niks spyt nie, want nog voor die grondlegging van die aarde wat my naam en bestaan aan Hom nie onbekend nie.  My grootte en gedugte God, AbbaVader en Vriend het na aan my gekom.  En soos ek hier sit, weet Hy alles van my, en hoe bevoorreg om te weet, alles is veilig in Sy hande.
 Soos ek hier op hierdie dag van 18 April 2018 is, is ek ‘n verteenwoordiger van AVBOB Caledon.  Ja, alhoewel nie die maklikste werk op aarde nie, vind ek hier my doel en sin in die lewe.  Niks is meer ‘n gejaagd na wind nie, nee, hier is alles wat plastiek was weg, en realiteit staar jou soos ‘n dodelike slang in die gesig.  Om met die verganklike mens te werk, hetsy dood of lewend, bly die hoogtepunt van my dag.  Hier kom jy agter die weerloosheid van die mens.  Ryk of arm, beroemd of maar net die gewone ou op straat, as die dood aan jou deur klop, bly die grafadres dieselfde.  Niks spesiaals word uitgesonder nie, op die ou end is jou tentseile mooi netjies opgevou in die kis, en my werk is op jou weg te lê, en jou aardse tentwoning het soos mis voor die son verdwyn.  Wat daarna, met jou gebeur, dis wat saak maak.  Vir hulle wat ons voorgegaan het, weet wat dit is, maar vir ons wat nog in die lewe is, wonder hoe dit is?
Party wil glad nie daaraan dink nie, ander dink dit sal nooit met hulle gebeur nie, en ander is net so gereed as die horlosie vir hulle ophou tik.
Ek het noual ‘n paar begrafnisse gedoen, en met almal was dit ‘n saak van respek en eerbied.  Die hoendervleis wat uitslaan as ek in die Kleurling kerk staan by die kis, op aandag en die Dodemars word gespeel.  Die gevoel wat ek daar in my binneste ervaar kan ek nie beskryf nie, dis ewigheidsoomblikke in my hart.  Die inhoud van die kis het ek nie geken nie, behalwe dat ‘n lewelose koue liggaam my voorreg was om gereed te kry vir die groot oomblik van afskeid.  Hy of sy is van my afhanklik om hulle betyds te kry vir hulle laasste aardse afsrpaak.  Nietemin, waneer die dodemars gespeel word, ervaar ek ‘n teenwoordigheid wat trane oor my wange laat rol.  Ek ervaar dit nie met almal nie, die trane bedoel ek, ek verstaan my gees roer hierbinne, want die siel kon dalk betyds sy naam in die boek van die lewe kry.  Maar die res, sal my liggaam opgeroep word tot aandag uit respek vir die dood.  Die ander gevoel wat ek hierbinne kry as die Kerkklokke vir oulaas gelui word.  En ek het dikwels gewonder hoeveel kerkklokke gaan in die ewigheid teen iemand in herinnering opgehaal word.  En vir  hoeveel was dit ‘n teken aan die wêreld daarbuite dat nog ‘n siel sy aardse woning verlaat het vir sy hemelse inwoning.
Die horlosie tik…….. en eendag, net eendag is dit my beurt!!!!! Almal se beurt kom aan.
My werk is ‘n edele werk, ek het ‘n geleentheid, om met mense te praat, en hoe vreemd dit ookal mag wees of klink, hier in my agentskap vind ek ‘n ongekende stilte, die kiskamer, dikwels is die plek waar ek net wil gaan sit met my oë toe.  Die doodse stilte bring ‘n ongekende kalmte in my gemoed na ‘n besige dag, die geheim van my werk, ek moet rustig wees, hier moet mense vrede en rus ervaar. Maar nog meer hier moet hulle Jesus ervaar, want hier staan ons letterlik met een tree weg van die ewigheid.  Die verskil elke voet wat nog oor die drumpel stap om ‘n premie te betaal het nog ‘n geleentheid om reg te maak, hulle wat by my ingeboek is, se geleenthede is verby.  Jy wat hier lees, is nog bevoorreg om gereed te maak, vir die dag as die Kerkklokke vir jou lui, of as die Dodemars vir jou gespeel word.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar